VolwassENES EN OFFISIERE op LUNSKLIP

SKRYF IN

Volwassenes en offisiere op Lunsklip is deel van die Kombuis, die Taakmagspan, asook die Logistieke span. Daar is ook geleentheid om te dien as Groepoffisiere, Kursusoffisiere en selfs Noodhulpoffisiere.

 

Kursusoffisiere:

Kursusoffisiere en- hulpoffisiere bied die onderskeie kentekenkursusse vir die Verkenners aan. Die kamp bied kursusse vir alle ouderdomme, van Gr. 8 tot 11 en daar is altyd hulp nodig.

 

Groepoffisiere:

Verkenners op die kamp word in groepe ingedeel en Groepoffisiere en -hulpoffisiere neem leiding by die groepe. Hulle is elke Verkenner se "Ma" en "Pa" vir die duur van die kamp. Groepoffisiere help met kursusse waar nodig, gee leiding aan Verkenners by die aandprogramme en gaan saam met hulle wanneer hulle buite-kampaktiwiteite het wat deur die betrokke kursus vereis word.

 

Kombuis:

Elke lid wat kamp moet eet. Daarvoor sorg die kombuis wat 3 heerlike etes per dag voorberei. Dit verg baie beplanning en harde werk, maar het ook groot beloning. Min dinge is so lekker soos 'n kamp wat skielik stil raak tydens ete, terwyl hulle 'n bord kos geniet.

 

Taakmag:

Taakmag help om die kamptoerusting voor te berei vir gebruik deur die kamp. Dit sluit die kombuisgereedskap, tente, vlagpale, ligte, ensovoorts in. Daar is ook ander take wat gedoen moet word soos die kamp vorder, en Taalkmag sorg dat dit vlot verloop.

 

Logistiek

Die Logistieke span sorg vir skakeling met Natuurbewaring sodat ons toegang het tot die wildkampe, dat die veldgras gesny is en daar voldoende water beskikbaar is. Logistiek is ook, saam met Taakmag, verantwoordelik om die saal in te rig en waar nodig elektrisiteit te installeer en ligte in die kombuis aan te bring. Daar is verder ook ander take wat van tyd tot tyd deur Logistiek verrig word.

 

Noodhulp

Alhoewel alle voorsorg getref word om Verkenners veilig te hou op Lunsklip, is daar ook mediese personeel nodig wat kan help met noodhulp, vervoer van beseerdes in die veld of in die kamp en,  in uiterste gevalle, skakel met medici en hospitale in Polokwane.

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP