Natuur EN KAMPTERREIN

SKRYF IN

Die Percy Fyfe reservaat is as beide wild- en florareserwe geproklameer in die provinsie Transvaal se "Buitengewone Offisieële Koerant" van 15 Februarie 1967.

 

Die reservaat het wildkampe wat tuiste is vir bastergemsbokke, swartwitpense, basterhartbeeste (tsessebes), buffels, koedoes, rooibokke, bobbejane en blou ape. Daar is ook 'n groot verskeidenheid voëlsoorte en skaars flora in die reservaat.

 

Verkenners spandeer 'n gedeelte van die kamp in die kampterrein en 'n gedeelte in die veld in die reservaat Die kampterrein is geleë op die ou pampoenland van oom Percy.

 

Daar is verskeie soorte eetbare plante, vrugte en insekte, asook hase en ander diere waarvan die Verkenners in die veldfase oorleef. Maroelas, papkuil, stamvrugte, sprinkane, paddas en watookal lekker lyk namate die honger druk, word geurig oor 'n vuur in die veld gaargemaak.

 

Die veldspyse en die wonderlike natuurskoon, slaap onder die sterre en ontwaking met die musiek van die vroeë voëls in die oggend, en voeg by die uitsig oor die veld vanaf die hoë rotse, sorg vir 'n onvergeetlike, eenkeer-in-leeftyd ervaring.

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP