KAMPBRIEF

SKRYF IN

LUNSKLIPKAMP 2020 UITGESTEL

(KLIK HIER VIR MEER INLIGTING )

OOR ONS

ONS VISIE EN HOE ONS DIT DOEN

Lunsklip is ‘n Gebiedskamp van die Transvaalse Voortrekkers, waar Verkenners gedurende die Maart skoolvakansie kom kamp.

 

Ons visie is om Verkenners van die Voortrekkers as moderne Afrikaners, positiewe Burgers en konsekwente Christene te ontwikkel, met kultuur- en avontuuraktiwiteite in die natuur, sodat hulle suksesvol sal wees in hulle roeping tot diens.

 

Gr. 11 en 12 Verkenners kamp vir 8 dae binne die Percy Fyfe natuurreservaat waar hulle leer hoe om selfbehoud toe te pas in 'n oorlewingsituasie. Dis vir baie jongmense 'n lewensveranderende ervaring waar hulle hulself beter leer ken en ervaar hoe hulle hul grense kan skuif soos hulle nie gedink het moontlik is nie. Junior Verkenners van Gr. 8 tot 10 doen vir 6 dae kentekens soos Kampbeveiliging en Leierskapvaardighede, Natuurbewaring en Vuurwapens, Voetslaner en Sterrekunde, Veldvernuf en Tradisionele Spele. Hulle is ook in die natuurreservaat waar hulle God se Skeppingsopenbaring in sy volle glorie kan ervaar.

 

GESTIG IN 1962

Lunsklipkamp is in 1962 deur Werner Louw gestig. In die 58 jaar daarna was daar net 5 kampleiers.

PERCY FYFE

Die Lunsklipterrein is geleë binne die Percy Fyfe Natuurreservaat tussen Mokopane (Potgietersrus) en Polokwane (Pietersburg).

LEES MEER

LUNSKLIP SE BYDRAE

Lunsklip was die eerste veldwerkkamp in Die Voortrekkers. Tot in 1962 was daar nog net kompetisiekampe.

10 000+

VERKENNERS

58

JAAR

5

KAMPLEIERS

1

KAMPTERREIN

DIE KAMP

SIEN MEER VAN LUNSKLIP

WAAR IS ONS?

AANWYSINGS NA LUNSKLIP

  • AANWYSINGS VANAF N1

    Besoekers aan die kamp is welkom, mits jy gereël het. (Jy kan dit hier reël). As gevolg van die aard van die kampprogram is dit nie altyd moontlik om besoekers te ontvang nie. As jy die kamp wil besoek, of kies om self op die kamp te kom in plaas van om bus te ry, volg die aanwysings hieronder noukeurig:

     

    Aanwysings na Lunsklip:

     

    Uit ondervinding weet ons mens kom nie noodwendig met ’n GPS reguit by Lunsklip uit nie. Maar met hierdie aanwysings het niemand nog ooit verdwaal nie! Volg asseblief die roete soos hieronder uiteengesit. Daar is ander paaie ook, maar as jy hierdie roete volg, weet ons waar om te gaan soek as daar fout kom. Daar is nie goeie selfoon- of internetopvangs op die kamp nie. Sorg dat jy voordat jy vertrek die kode van die hoofhek het.

     

    Dis te laat om te probeer bel as jy voor die toe hek staan.

     

    Die GPS verwysing is  24° 2'9.80"S en  29°10'27.76"O (Klik hier om dit na desimale om te skakel) Die rit neem jou ongeveer 2.5 ure vanaf Pretoria.

     

    Neem die N1 noord na Polokwane (Pietersburg), Verlaat die N1 by die tolhek net voor Mokopane (Potgietersrus). Ry deur die dorp. Aan die anderkant van die dorp is daar ‘n afdraai, links na Percy Fyfe toe. (net voor die treinbrug wat die treinspoor oor die pad neem, maar dalk sien jy nie eers die brug nie!)

     

    Nadat jy links gedraai het kruis jy die treinspoor. Daar is vendusiekrale op regterhand. Dis nog teerpad. Ry sowat 7km. Dan is daar ‘n bord wat wys Percy Fyfe reguit en Lunsklip regs. Draai regs, weer oor die spoor en nou is dit grondpad. Ry maar stadig – die pad is soms sleg. Volg die pad vir sowat 20 km en dan sal jy weer die treinspoor kruis waar Lunsklipstasie op linkerhand is. Daar is egter nou net vervalle geboue.

     

    Regs, anderkant die spoor, is die ingang na Percy Fyfe. Indien die hek nie oopstaan nie, soek vir die kodeslot tussen al die ander slotte. Hopelik het jy voor jy vertrek het, die kode gekry. Na jy in is, sluit asseblief weer die slot presies soos dit was in die ketting. Dit is baie belangrik want Natuurbewaring gebruik die ander slot/te en ons moet nie mekaar uitsluit nie. Nou is jy binne die reservaat. Na ‘n paar kilometer is die ou plaashuis (nou ‘n kantoor) en Natuurbewaring se geboue. Ry verby die ou plaashuis vir nog so kilometer of twee tot jy die kampterrein sien. Gaan oor die beeshek en hou reguit aan. Die ingang vir motors is verby die terrein en dan draai jy links.

     

    Ry tot by die kombuis. Daar sal altyd iemand wees om jou te ontvang. Veilige reis!

FOTO ALBUMS

ONS FOTOS OOR DIE LAASTE PAAR JAAR

Die foto’s wat tydens die kamp geneem word, word op Google Drive gebêre, omdat dit baie plek neem. Almal op die kamp wat foto’s neem, is welkom om dit voor te lê vir plasing in ons argief. In die verlede het dit in ‘n Kampblad verskyn, maar sedert 2017 kan jy na al die foto’s kyk deur hierdie skakels hieronder te volg:

2019

2018

2017

GRAAD 8

 

VELDVERNUF & TRADISIONELE SPELE

 

24 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

GRAAD 11

SELFBEHOUD

 

21 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

KURSUSSE BY LUNSKLIPKAMP

BEPERKTE PLEK BESKIKBAAR

GRAAD 9

 

NATUURBEWARING & VUURWAPENS

KURSUS IS VOL BESPREEK

24 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

GRAAD 9 & 10

 

VOETSLANER & STERREKUNDE

 

24 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

GRAAD 12

BUITEGROEP

(SLEGS OP UITNODIGING)

 

21 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

VOLWASSENES

 

VELDWERKSPESIALISASIE

(STERRETJIE)

 

21 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

GRAAD 10

 

KAMPBEVEILIGING &

LEIERSKAPSVAARDIGHEDE

KURSUS IS VOL BESPREEK

21 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

VOLWASSENES

 

TAAKMAG

KURSUS - EN GROEPLEIERS

KOMBUIS

 

21 – 29 MAART 2020

LEES MEER

SKRYF IN

KONTAK ONS

ONS WIL GRAAG VAN JOU HOOR

Lunsklip, Percy Fyfe Natuurreservaat, Limpopo, Suid-Afrika

24° 2'9.80"S en  29°10'27.76"O

BESIG OM TE STUUR...

DAAR WAS 'N PROBLEEM

SUKSESVOL

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP

 

lunsklipkamp@gmail.com

KOPIEREG © LUNSKLIPKAMP