User Tools

Site Tools


Lunsklip 2016 Dokumente:

Aanwysings na Lunsklip

Uit ondervinding weet ons mens kom nie noodwendig met ’n GPS reguit by Lunsklip uit nie. Maar met hierdie aanwysings het niemand nog ooit verdwaal nie!

Die rit neem jou ongeveer 2.5 ure vanaf Pretoria.

Lunsklip is op die Percy Fyfe Natuurreservaat. Daar loop ‘n spoorlyn deur die reservaat en die (gewese) stasie net buite die reservaat se naam is ook Lunsklip.

Daar is twee grondpaaie tussen Potgietersrus en Pietersburg waarmee mens na Lunsklip kan ry maar ons verkies dat al die Voortrekkers met dieselfde een ry sodat ons weet waar om iemand te gaan soek indien daar teëspoed is.

Neem die N1 noord. Verlaat die N1 by die tolhek net voor Potgietersrus (Mokopane). Ry deur die dorp. Aan die anderkant van die dorp is daar ‘n afdraai, links na Percy Fyfe (net voor die treinbrug wat die treinspoor oor die pad neem, maar dalk sien jy nie eers die brug nie!)

Nadat jy links gedraai het kruis jy die treinspoor. Daar is vendusiekrale op regterhand. Dis nog teerpad. Ry sowat 7km. Dan is daar ‘n bord wat wys Percy Fyfe reguit en Lunsklip regs. Draai regs, oor die spoor en nou is dit grondpad. Ry maar stadig – die pad is sleg. Volg die pad vir sowat 20 km en dan sal jy weer die treinspoor kruis waar Lunsklip stasie op linkerhand is. Daar is egter net vervalle geboue.

Regs, anderkant die spoor is die ingang na Percy Fyfe. Indien die hek nie oopstaan nie, soek vir die kodeslot tussen al die ander slotte. Die kode spel die eerste letter van die kamp se naam. Na jy in is, sluit asb weer die slot presies soos dit was in die ketting. Dit is baie belangrik want Natuurbewaring gebruik die ander slot/te en ons moet nie mekaar uitsluit nie. Nou is jy binne die reservaat. Na ‘n paar kilometer is die ou plaashuis (nou ‘n kantoor) en Natuurbewaring se geboue. Ry verby vir nog so kilometer of twee tot jy die kampterrein sien. Die ingang vir motors is verby die terrein en dan draai jy links.

Ry tot by die kombuis. Daar sal altyd iemand wees om jou te ontvang. Veilige reis!


Page Tools